Towerlantern Fotografie
  • Tuis
  • Meer oor
  • Galery
  • Nuusbriewe
  • Blog
  • Kontak

November 2019 reis om Lesotho

4/17/2020

0 Comments

 
Ek hou daarvan dat wanneer ons op vakansie gaan, ek ook ’n bepaalde fotografietema het vir die reis. Dit maak die neem van foto’s net baie makliker want jy het dan foto-idees waarna jy kan soek en later met vriende kan deel.
 
Gedurende November 2019 was ons op reis rondom Lesotho. My tema was lig of anders gesê: Fotografeer die lig. Die foto’s hierby gee ’n idee van ons reis.  
 
Laat die middag van ons tweede dag het ons al die mooiste wolke en lig gehad. ​Dit is by die Mount Shadows Hotel tussen Barkly-Oos en Elliot in die Oos-Kaap.
​
​​Foto 1
Picture
​​
​Die derde dag van ons reis was grootliks toe met mis – die omgewing is trouens op die platorand van die Suidelike Drakensberge. Laat die middag het die son egter deurgebreek en ons die geleentheid gegee om die mooiste lig en skadu tonele vas te vang.

Foto 2
Picture

​In hierdie selfde omgewing is Die Kasteel ’n ongelooflike mooi gesig. Gelukkig was daar heelwat wolke om die kleur van die berge te kon kontrasteer.
 
Foto 3
Picture

​​Ons verdere reis het ons deur die ou Transkei geneem tot by die KwaZulu-Natalse Drakensberge. Die foto hierby beklemtoon die kontras tussen lig en skadu.
 

Foto 4
Picture

​En nog ’n keer  lig en skadu – dis immers wat ons gesoek het.
 
Foto 5
Picture

​Teen hierdie tyd was ons al bedrewe met die raaksien van lig- en skadukolle.
 
Foto 6
Picture

​En as ek ná hierdie wonderlike lig-reis moet kies uit al my foto’s vir ’n beste een, dan is dit terug na die mistige dag by Mount Shadows Hotel. Met net ’n skrefie lig teen vyfuur die middag – en slegs 10 minute wat die toneel daar was – kon hierdie foto geneem word.
 
Foto 7
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Archives

    October 2020
    September 2020
    May 2020
    April 2020
    April 2019
    December 2018
    July 2018
    April 2018
    May 2017
    March 2017
    October 2016
    June 2015
    April 2015
    March 2015
    January 2014

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Tuis
  • Meer oor
  • Galery
  • Nuusbriewe
  • Blog
  • Kontak