Welkom
Baie welkom by hierdie webblad van Johan de Klerk. As jy daarin belangstel om meer van jou kamera en fotografie te leer, en ook om meer foto-kreatief te wees, dan is jy by die regte plek.
Die naam Towerlantern Fotografie is geïnspireer deur die besondere rol wat lig in fotografie speel. Hierdie naam beklemtoon simbolies die lig van 'n lantern. Met die naam word klem verder ook daarop gelê dat 'n foto betowering by die kyker moet wek.
Inligting oor die aanbieder, die verskillende kursusse, en ander fotografiegeleenthede word by die onderstaande afdelings gegee.

Oor die aanbieder
Johan staan reeds vir etlike dekades in die onderwysberoep. Met 'n betrokkenheid in Wiskunde, Toegepaste Wiskunde en vroeër ook Sterrekunde aan die PUK / NWU Potchefstroomkampus, is Fotografie 'n verdere logiese keuse.
As jy 'n kamera het, is jy gereed om in te skryf vir 'n Towerlantern-kursus in fotografie. 'n SLR-kamera is nie 'n vereiste nie; 'n digitale kamera met verstelbare instellings vir sluiterspoed, lensopening en ISO is wel 'n aanbeveling. Baie klem word gelê op goeie aantekeninge en praktiese werk. Daarom kan jy verwag om aan die einde van so 'n kursus jou kamera goed te ken, om 'n goeie stel aantekeninge (wat ook geskik is vir latere naslaan) te kry en om ook baie praktiese ervaring te hê. Bowenal sal jy blywende herinneringe hê aan 'n aangename en leersame kursus.

Kursusse
Towerlantern Fotografie doen die volgende fotografiekursus-aanbiedings, met detail-inligting daaronder:
Kursus op eerstevlak
Die hoofsaak van hierdie kursus is: Leer ken jou kamera en sien foto’s om jou raak.
In dié kursus word klem gelê op die teoretiese sowel as praktiese aspekte van fotografie. Aan die einde van die kursus sal jy die basiese en fynere punte van jou kamera ken, asook die grondbeginsels van fotografie en fotografiewaardering.
Die kursus word kwartaalliks in Potchefstroom aangebied en strek oor 10 sessies van ongeveer 2 en 'n half uur elk. Dit is versprei oor weeksdae (laatmiddag en vroegaand) en Saterdagoggende. Die kursus bestaan uit vier groot temas naamlik (a) wye denke (komposisie), (b) kamera-instellings (lensopening, sluiterspoed, ISO), (c) spesialis-fotografie (portret-, sport-, stillewe-, landskap-, natuurfotografie) en kreatiewe fotografie (kreatiwiteit, abstrakte fotografie). Die prys vir die kursus word jaarliks aangepas en is tans R1400 per persoon, waarvan die helfte as deposito betaalbaar is.
Kursus op gevorderde vlak
Die hoofsaak van hierdie kursus is: Word 'n spesialisfotograaf in teoretiese kennis en praktiese ervaring.
In dié kursus word verdere klem gelê op die sake wat reeds in die eerstevlak kursus gedoen is. Aangesien jy as kursusganger reeds meer bedrewe is, kan daar op 'n dieper vlak op sake ingegaan word. Daar word dus begin by die bekende en van daar af word tegniese en praktiese aspekte verder uitgebou.
Om vir hierdie kursus in te skryf, moet jy óf (a) die kursus op eerstevlak reeds deurloop het (lokaal of aanlyn), óf (b) kan toon dat jy reeds bedrewe is met die basiese instellings (lensopening, sluiterspoed, ISO en witbalans) van jou eie kamera.
Die bedoeling met hierdie kursus is dat dit op 'n voortgaande, maandelikse basis gedoen word. Dit strek oor 10 sessies van ongeveer 3 uur elk (laatmiddag en vroegaand). Daar is jaarliks twee kursusse, naamlik van Februarie tot November of van Augustus tot Junie. Hierdie kursus bestaan uit die volgende vier groot basiese temas (a) die kuns van goeie fotografie (komposisie, kleur, lig), (b) fotografie-elemente (basiese en meer gevorderde kamera-instellings), (c) spesiale projekte (stillewes, argitektuur, portretstudies: mense, diere) en (d) gevorderde denke (kreatiewe en kunsfotografie). Die prys vir die kursus word jaarliks aangepas en is tans R1400 per persoon, waarvan die helfte as deposito betaalbaar is.
Kursus op spesialisvlak
Die hoofsaak van hierdie kursus is: Wees 'n spesialisfotograaf!
In dié kursus word jaarliks op spesialisvlak klem gelê op drie verskillende fotogenres, waaronder landskapfotografie, nabyfotografie , mensfotografie en impressionistiese fotografie.
Om vir hierdie kursus in te skryf, moet jy reeds die kursus op gevorderde vlak afgehandel het (lokaal of aanlyn).
Die bedoeling met hierdie kursus is dat dit op 'n voortgaande, kwartalikse basis gedoen word. Dit strek oor 10 sessies van ongeveer 3 uur elk (vanaf Maart tot November ). Die prys vir die kursus word jaarliks aangepas en is tans R1000 per persoon, waarvan die helfte as deposito betaalbaar is.
Aanlyn eerste- en gevorderdevlakkursusse
Beide bostaande kursusse word ook in Afrikaans aanlyn aangebied. Die hoofsaak en inhoud van albei kursusse is dieselfde as dié wat in Potchefstroom aangebied word.
Die verloop van die aanlynkursusse is soos volg:
Alles vind per e-pos plaas. Die kursusse bestaan uit dieselfde inhoud as die plaaslike kursusse. Die prys vir die kursus word jaarliks aangepas en is tans R1300 per persoon. Afbetaling kan gereël word.
Hierdie kursus is ook geskik vir hoërskoolkinders, omdat daar baie prakties is en dit op 'n eenvoudige vlak aangebied word.
Hier onder is 'n uittreksel van die aanlynkursus.
- 'n kursus op eerstevlak wat oor ongeveer 'n maand strek (vier keer per jaar),
- 'n aanlyn-eerstevlakkursus wat soortgelyk is aan bogenoemde eerstevlakkursus en wat enige tyd begin kan word,
- 'n kursus op gevorderde vlak, met gereelde maandelikse ontmoetings (twee keer per jaar)
- 'n gevorderde aanlynkursus wat soortgelyk is aan bogenoemde gevorderdevlakkursus en wat ook enige tyd begin kan word, en
- 'n kursus op spesialisvlak, met gereelde maandelikse ontmoetings.
Kursus op eerstevlak
Die hoofsaak van hierdie kursus is: Leer ken jou kamera en sien foto’s om jou raak.
In dié kursus word klem gelê op die teoretiese sowel as praktiese aspekte van fotografie. Aan die einde van die kursus sal jy die basiese en fynere punte van jou kamera ken, asook die grondbeginsels van fotografie en fotografiewaardering.
Die kursus word kwartaalliks in Potchefstroom aangebied en strek oor 10 sessies van ongeveer 2 en 'n half uur elk. Dit is versprei oor weeksdae (laatmiddag en vroegaand) en Saterdagoggende. Die kursus bestaan uit vier groot temas naamlik (a) wye denke (komposisie), (b) kamera-instellings (lensopening, sluiterspoed, ISO), (c) spesialis-fotografie (portret-, sport-, stillewe-, landskap-, natuurfotografie) en kreatiewe fotografie (kreatiwiteit, abstrakte fotografie). Die prys vir die kursus word jaarliks aangepas en is tans R1400 per persoon, waarvan die helfte as deposito betaalbaar is.
Kursus op gevorderde vlak
Die hoofsaak van hierdie kursus is: Word 'n spesialisfotograaf in teoretiese kennis en praktiese ervaring.
In dié kursus word verdere klem gelê op die sake wat reeds in die eerstevlak kursus gedoen is. Aangesien jy as kursusganger reeds meer bedrewe is, kan daar op 'n dieper vlak op sake ingegaan word. Daar word dus begin by die bekende en van daar af word tegniese en praktiese aspekte verder uitgebou.
Om vir hierdie kursus in te skryf, moet jy óf (a) die kursus op eerstevlak reeds deurloop het (lokaal of aanlyn), óf (b) kan toon dat jy reeds bedrewe is met die basiese instellings (lensopening, sluiterspoed, ISO en witbalans) van jou eie kamera.
Die bedoeling met hierdie kursus is dat dit op 'n voortgaande, maandelikse basis gedoen word. Dit strek oor 10 sessies van ongeveer 3 uur elk (laatmiddag en vroegaand). Daar is jaarliks twee kursusse, naamlik van Februarie tot November of van Augustus tot Junie. Hierdie kursus bestaan uit die volgende vier groot basiese temas (a) die kuns van goeie fotografie (komposisie, kleur, lig), (b) fotografie-elemente (basiese en meer gevorderde kamera-instellings), (c) spesiale projekte (stillewes, argitektuur, portretstudies: mense, diere) en (d) gevorderde denke (kreatiewe en kunsfotografie). Die prys vir die kursus word jaarliks aangepas en is tans R1400 per persoon, waarvan die helfte as deposito betaalbaar is.
Kursus op spesialisvlak
Die hoofsaak van hierdie kursus is: Wees 'n spesialisfotograaf!
In dié kursus word jaarliks op spesialisvlak klem gelê op drie verskillende fotogenres, waaronder landskapfotografie, nabyfotografie , mensfotografie en impressionistiese fotografie.
Om vir hierdie kursus in te skryf, moet jy reeds die kursus op gevorderde vlak afgehandel het (lokaal of aanlyn).
Die bedoeling met hierdie kursus is dat dit op 'n voortgaande, kwartalikse basis gedoen word. Dit strek oor 10 sessies van ongeveer 3 uur elk (vanaf Maart tot November ). Die prys vir die kursus word jaarliks aangepas en is tans R1000 per persoon, waarvan die helfte as deposito betaalbaar is.
Aanlyn eerste- en gevorderdevlakkursusse
Beide bostaande kursusse word ook in Afrikaans aanlyn aangebied. Die hoofsaak en inhoud van albei kursusse is dieselfde as dié wat in Potchefstroom aangebied word.
Die verloop van die aanlynkursusse is soos volg:
- Na registrasie word ’n eerste lesing met opdragte per e-pos gestuur.
- Die afgehandelde opdragte word per e-pos teruggestuur. Dit word bespreek en kommentaar word gelewer.
- Saam met hierdie kommentaaar word ’n volgende lesing gestuur.
- Hierdie proses word herhaal tot die sesde en finale lesing (in die geval van die eerstevlakkursus) of tot die agtste en finale lesing (in die geval van die gevorderdevlakkursus).