Dit is aangenaam vir ons by Towerlantern Fotografie om jou uit te nooi om te kyk na ons jongste (aanlyn) foto-uitstalling. In die verlede het ons dit net plaaslik in Potchefstroom aangebied. Maar nou, met die inperking, is dit aanlyn en kan daar wêreldwyd daarna gekyk word. Dis vir ons ‘n groot vreugde en ons is baie dankbaar daaroor. Sit terug vir bietjie meer as 20 minute en geniet dit. ‘n Laaste wenk: Kyk verkieslik op die grootste skerm wat jy tot jou beskikking het. Dit vertoon dan net eenvoudig beter. Groete Johan
0 Comments
|