Towerlantern Fotografie
  • Tuis
  • Meer oor
  • Galery
  • Nuusbriewe
  • Blog
  • Kontak

Hoe het jy jou besig gehou in die inperktyd?

10/1/2020

0 Comments

 
As ons agterna weer terugkyk op hierdie inperktyd, sal ons wonder waar die jaar heen is. Ek kon my gelukkig besighou met my fotografie. En hoewel ons plekgebonde was kon ek hierdie woudtonele op foto’s vaslê.
0 Comments

Foto-uitstalling 2020

9/3/2020

0 Comments

 
Dit is aangenaam vir ons by Towerlantern Fotografie om jou uit te nooi om te kyk na ons jongste (aanlyn) foto-uitstalling.
 
In die verlede het ons dit net plaaslik in Potchefstroom aangebied. Maar nou, met die inperking, is dit aanlyn en kan daar wêreldwyd daarna gekyk word. Dis vir ons ‘n groot vreugde en ons is baie dankbaar daaroor.
 
Sit terug vir bietjie meer as 20 minute en geniet dit.
 
‘n Laaste wenk: Kyk verkieslik op die grootste skerm wat jy tot jou beskikking het. Dit vertoon dan net eenvoudig beter.
 
Groete
Johan
0 Comments

Spesialiskursus van 2020 - Nabyfotografie

5/15/2020

0 Comments

 
​Die Spesialiskursus van 2020 se tweede opdrag met tema nabyfotografie begin binnekort. Kyk saam met hulle na my voorbeeldfoto's.
0 Comments

Spesialiskursus van 2020

5/14/2020

1 Comment

 
​Die Spesialiskursus van 2020 se eerste opdrag met tema natuurfotografie is afgehandel. Kyk saam na hulle mooi opdragfoto's.
1 Comment

November 2019 reis om Lesotho

4/17/2020

0 Comments

 
Ek hou daarvan dat wanneer ons op vakansie gaan, ek ook ’n bepaalde fotografietema het vir die reis. Dit maak die neem van foto’s net baie makliker want jy het dan foto-idees waarna jy kan soek en later met vriende kan deel.
 
Gedurende November 2019 was ons op reis rondom Lesotho. My tema was lig of anders gesê: Fotografeer die lig. Die foto’s hierby gee ’n idee van ons reis.  
 
Laat die middag van ons tweede dag het ons al die mooiste wolke en lig gehad. ​Dit is by die Mount Shadows Hotel tussen Barkly-Oos en Elliot in die Oos-Kaap.
​
​​Foto 1
Picture
​​
​Die derde dag van ons reis was grootliks toe met mis – die omgewing is trouens op die platorand van die Suidelike Drakensberge. Laat die middag het die son egter deurgebreek en ons die geleentheid gegee om die mooiste lig en skadu tonele vas te vang.

Foto 2
Picture

​In hierdie selfde omgewing is Die Kasteel ’n ongelooflike mooi gesig. Gelukkig was daar heelwat wolke om die kleur van die berge te kon kontrasteer.
 
Foto 3
Picture

​​Ons verdere reis het ons deur die ou Transkei geneem tot by die KwaZulu-Natalse Drakensberge. Die foto hierby beklemtoon die kontras tussen lig en skadu.
 

Foto 4
Picture

​En nog ’n keer  lig en skadu – dis immers wat ons gesoek het.
 
Foto 5
Picture

​Teen hierdie tyd was ons al bedrewe met die raaksien van lig- en skadukolle.
 
Foto 6
Picture

​En as ek ná hierdie wonderlike lig-reis moet kies uit al my foto’s vir ’n beste een, dan is dit terug na die mistige dag by Mount Shadows Hotel. Met net ’n skrefie lig teen vyfuur die middag – en slegs 10 minute wat die toneel daar was – kon hierdie foto geneem word.
 
Foto 7
Picture
0 Comments

Groetekaartjies

4/23/2019

0 Comments

 
Ons stel 'n groetekaartjie-reeks bekend uit die uwe se geskiedenis-argief. Die foto hierby toon hoe dit lyk: aan die een kant 'n foto, en aan die anderkant 'n skoon kant vir 'n boodskap.

Ons besef in hierdie elektroniese eeu is daar baie mense wat nie meer kan skryf nie -- tog is daar andere wat wel daarvan hou om nog te skryf. Koop gerus dus 'n pakkie. Die kaartjies kos, as promosieaanbod, R50 vir 'n pakkie van 10 kaartjies en koeverte (posgeld uitgesluit) en is baie handig as geskenk.

Die tema van die kaartjies soos op die foto, is "Natuur". Ons beplan om later nog ander temas ook te hê.

Picture
0 Comments

November 2018 Besoek aan Lady Grey en streke

12/12/2018

0 Comments

 
0 Comments

Julie 2018 Besoek aan Dullstroom en Marlothpark

7/31/2018

1 Comment

 
1 Comment

April 2018 Besoek aan Hogsback

4/30/2018

0 Comments

 
0 Comments

Kom kyk saam foto's

5/29/2017

1 Comment

 
Dit is lekker om sommer net saam na mekaar se foto’s te kyk. By ‘n onlangse geleentheid was hierdie foto’s enkeles van dié wat gewys is. Ons sê dankie aan Charlene Swanepoel, Charlene Swanepoel jnr, Elna Venter, Emsie Norval, Fanie Coetzee, Hester van der Linde, Ilani Loubser, Jaco Kruger, Maarten Venter, Maryke Schoonen, Renette van der Merwe en Ria Eybers.
1 Comment
<<Previous

    Archives

    October 2020
    September 2020
    May 2020
    April 2020
    April 2019
    December 2018
    July 2018
    April 2018
    May 2017
    March 2017
    October 2016
    June 2015
    April 2015
    March 2015
    January 2014

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Tuis
  • Meer oor
  • Galery
  • Nuusbriewe
  • Blog
  • Kontak