Hieronder volg 'n aantal foto's wat meesal in 2014 geneem is. Potchefstroom is bekend vir sy Mooirivier en 'n hele aantal van die foto's wys aspekte van dié rivier. Die ander foto's is ook in die omgewing van die rivier of die wyer Potchefstroom-omgewing geneem. Die klem in die foto's val op die uitbeelding van die luim van die toneel en nie noodwendig op die fisiese karakter daarvan nie. Soos opgemerk sal word, wissel die foto's van natuurlik tot abstrak tot impressionisties, party swart-en-wit en dreigend, en ander volkleur met baie lig. Geniet die foto's en lewer gerus kommentaar.
0 Comments
Hou hierdie webblad dop -- binne die volgende paar dae verskyn daar foto's van my nuutste projekte ...
In die onlangse tyd het ek gefokus op foto's van die Mooirivier by Potchefstroom. Jy kan 'n paar daarvan verwag. |