Een van my fotografie-voornemens die afgelope tyd was om woestynfoto's te neem. Gedurende die onlangse April-vakansie het ek en Sienie in Namibië gaan vakansie hou, spesiaal met die doel om woestynfoto's te neem. Daarmee het ek een van my fotomikpunte van 2015 bereik. Ek deel graag 'n aantal van hierdie foto's en sal ook graag jou kommentaar wil ontvang. Die foto's wat ek hier wys het die tema "Die lied van die woestyn", en die foto's moet in hierdie lig waardeer word en nie as byvoorbeeld 'n reisbeskrywing nie. Hierdie reeks foto's het die volgende onderafdelings om die "lied" nog meer te beklemtoon:
Die vryheid wat jou teruglok 'n Ander soort Eden Die volheid van die groot leegte 'n Stukkie bly hier agter Was dit alles net 'n droom?
0 Comments
|