Towerlantern Fotografie
  • Tuis
  • Meer oor
  • Galery
  • Nuusbriewe
  • Blog
  • Kontak

Tema: Beweging

5/8/2017

0 Comments

 
Die foto’s hierby is van ons nuutste gevorderde fotografiegroep. Die klas van 15 geniet die kursus baie en so ook die opdragte, soos gesien kan word. Die opdragte het gewissel van stadsligte en restaurante, verby vuur-en-ys, tot stil en bewegende kameras met bewegende onderwerpe. Die opdragte was uitdagend, maar dit het groot pret en plesierigheid gegee..
0 Comments

Wat 'n verskeidenheid!

3/22/2017

0 Comments

 
Hoewel ons studente as ‘n groep dieselfde opdragte kry, is daar opdrag-keuses sodat almal se foto’s nie dieselfde lyk nie. Dan is daar ook nog altyd vir elkeen plek vir sy eie smaak en interpretasie. Hierdie foto’s van ons een gevorderde groep toon dit duidelik.
0 Comments

Gevorderde vlak Fotografiekursus 2017

3/13/2017

0 Comments

 
Ons is altyd baie beïndruk met die kreatiwiteit van Towerlantern se studente.
 
Hier is ‘n verskeidenheid fotos van ons fotografiegroep wat pas in Februarie met hul gevorderde kursus begin het. Elkeen se foto’s spreek van kreatiwiteit.
0 Comments

Die kleur van die woestyn - Namib 2016

10/26/2016

0 Comments

 
Ook geen reis na die Namib in Namibië kan mens onaangeroer laat nie. Geniet die kleure van die woestyn in hierdie fotoreeks.
0 Comments

Namakwaland 2015

10/24/2016

0 Comments

 
Geen reis na Namakwaland kan mens onaangeroer laat nie – veral as jy ‘n fotograaf is en ook na die kleinste en swakste blomtonele kyk. Hierdie fotoreeks gee ‘n uitbeelding daarvan.
0 Comments

die lied van die woestyn / song of the desert

6/5/2015

0 Comments

 
In aansluiting by my vorige nota in verband met die PowerPoint-aanbieding "Die lied van die Woestyn" noem ek graag die volgende. Hierdie aanbieding het ontwikkel tot 'n video/movie waarmee ons ons waardering van die Namib uitbeeld. Dit is nou op YouTube opgelaai. Jy is welkom om daarna te kyk by https://youtu.be/Dz-Xm2VB4WI . 


Die musiek wat gebruik is, is van die komponis Ray Lynch se CD Deep Breakfast. Besigtig dié CD gerus by http://www.raylynch.com/albums/deep1.html .
0 Comments

Projekte 2015

4/20/2015

0 Comments

 
Een van my fotografie-voornemens die afgelope tyd was om woestynfoto's te neem. Gedurende die onlangse April-vakansie het ek en Sienie in Namibië gaan vakansie hou, spesiaal met die doel om woestynfoto's te neem. Daarmee het ek een van my fotomikpunte van 2015 bereik. Ek deel graag 'n aantal van hierdie foto's en sal ook graag jou kommentaar wil ontvang.

Die foto's wat ek hier wys het die tema "Die lied van die woestyn", en die foto's moet in hierdie lig waardeer word en nie as byvoorbeeld 'n reisbeskrywing nie. Hierdie reeks foto's het die volgende onderafdelings om die "lied" nog meer te beklemtoon:
  • Die vryheid wat jou teruglok
  • 'n Ander soort Eden
  • Die volheid van die groot leegte
  • 'n Stukkie bly hier agter
  • Was dit alles net 'n droom? 
Geniet dit!

Die vryheid wat jou teruglok
'n Ander soort Eden
Die volheid van die groot leegte
'n Stukkie bly hier agter
Was dit alles net 'n droom?
0 Comments

Projekte 2014

3/12/2015

0 Comments

 
Hieronder volg 'n aantal foto's wat meesal in 2014 geneem is. Potchefstroom is bekend vir sy Mooirivier en 'n hele aantal van die foto's wys aspekte van dié rivier. Die ander foto's is ook in die omgewing van die rivier of die wyer Potchefstroom-omgewing geneem. Die klem in die foto's val op die uitbeelding van die luim van die toneel en nie noodwendig op die fisiese karakter daarvan nie. Soos opgemerk sal word, wissel die foto's van natuurlik tot abstrak tot impressionisties, party swart-en-wit en dreigend, en ander volkleur met baie lig. Geniet die foto's en lewer gerus kommentaar. 
0 Comments

Hou hierdie webblad dop 

3/5/2015

1 Comment

 
Hou hierdie webblad dop -- binne die volgende paar dae verskyn daar foto's van my nuutste projekte ...

In die onlangse tyd het ek gefokus op foto's van die Mooirivier by Potchefstroom. Jy kan 'n paar daarvan verwag.
1 Comment

Projekte 2013

1/14/2014

1 Comment

 
Hier is 'n paar foto's van projekte wat ek in 2013 aangepak het. Ek sien uit om in 2014 meer daarvan met jou te deel!
1 Comment
Forward>>

    Archives

    October 2020
    September 2020
    May 2020
    April 2020
    April 2019
    December 2018
    July 2018
    April 2018
    May 2017
    March 2017
    October 2016
    June 2015
    April 2015
    March 2015
    January 2014

    Categories

    All

    RSS Feed

Colourcode Designs - 2020
  • Tuis
  • Meer oor
  • Galery
  • Nuusbriewe
  • Blog
  • Kontak